Van die talle rolle wat Mimi Coertse in haar loopbaan gesing het, is sy die heel bekendste vir haar manjifieke vertolking van Koningin van die Nag in Mozart se Die Towerfluit – 520 keer ?in verskillende tale en lande. “In Duits, Italiaans, Engels en in Frans. Maar Frans het nie vir my lekker gesing nie, ek kon dit nie vat nie.”

Die gewilde wraak-aria met daardie glaskraak-hoë note, daardie hoendervel-hoë F, wat baie soprane net kan uitpiep, was nooit vir haar moeilik nie. “Hy was daar van die begin af. Ek het hom nie geleer nie, hy was net daar.” Trouens, sy kon in ’n stadium ook nog die C bo daardie hoë F raak sing. Dis maklik twee oktawe hoër as wat die gemiddelde mens kan sing.

Luister self!