Minki van der Westhuizen, Angelique Gerber, Karlien van Jaarsveld en Rolanda Marais het almal die afgelope jaar of wat pragtige dogtertjies in die wêreld verwelkom.

En die klein poplappe is reeds net so gewild soos hul pragtige mammas!

Die TV-aanbieder en model Minki van der Westhuizen en haar man, Ernst, het in Maart hul derde dogtertjie gehad. Ons dink klein Elsa lyk nes haar twee ouer sussies gelyk het toe hulle nog babas was!

#elsaengeltjie en Meneer Haas #dogtertjiefees

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on


Die werklikheid #elsaengeltjie #10wekeoud #dogtertjiefees

A post shared by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on


Die Afrikaanse sangeres en glanspersoonlikheid Karlien van Jaarsveld het in Oktober verlede jaar die lewe aan Elah geskenk. Dis haar en manlief Jo Breytenbach se eerste kind saam en die gelukkige paartjie is duidelik versot op hul liefdevolle baba. 

Elah banana 6 maande oud oor 7 daggies??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on


Ek wil jou opsoen my sussiepop #Elah

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on


Angelique Gerber en haar man, Jacques Potgieter, het in Februarie dubbele vreugde ervaar toe hulle hul tweeling-dogtertjies verwelkom het. Olivia en Annabella glimlag gereeld saam-saam vir die kamera.


Petit Bébé ????

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on


Rolanda Marais, aktrise en ons gunsteling-voorbladnooi, en haar man, Jozua Malherbe, het hul dogtertjie in Desember 2016 gehad. Duidelik het sy haar ma se pragtige oë geërf! Een Instagram-volgeling het opgemerk dat sy nes ’n mini- blonde Rolanda lyk. Die trotse ma deel gereeld die pragtigste ma-en-dogter-foto’s op Instagram. En kyk net klein Charlotte se oulike uitrustings!

I love her. #mydaughter

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on


Gesin selfie ??#mytribe

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on


Wat n eer om n ma te wees . Happy #mothersday2018 ????????

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on