Die jaarlikse MK Awards het vandeesweek in Johannesburg plaasgevind en ná sowat 320 000 stemme is die wenners aangewys. Mariska van Rooyen van SARIE was daar: "Die MK Awards was vanjaar weer 'n hoogtepunt in die musiekwêreld, met super groups ('n kombinasie van mense uit ander orkeste) wat die show gesteel het. Hulle was Die Heuwels Fantasties (met Pierre Greeff, Hunter Kennedy en Johnny de Ridder) en Van Coke Kartel (met Francois van Coke, Wynand Myburgh en Justin Kruger). Die Parlotones is as die algehele wenners gekroon. Die interessante aanbieders en bands het gesorg dat almal heel aand op hul voete wou bly."

Hier's die wenners:

Beste Video: The Parlotones - I'll be there

Beste Groep: Die Straatligkinders - Avontuur van 'n hartbreek

Beste Solo: Lianie May - Jy soen my nie meer nie

Beste SFX/Animasie: The Parlotones - I'll be there

Beste Live: Foto na Dans - Hou jou hande bymekaar

Sexyste: Flipacoin - Jasmyn

Beste Serenade: The Parlotones - I'll be there

Pornster ("Ek wou eintlik 'n pornster gewees het"): Snotkop - Kry jou ass by die werk

Beste nuweling: Ashtray Electric - The swing

Kampus Hit: Die Straatligkinders (Avontuur van 'n hartbreek) - PUK FM

Hardste Song: Van Coke Kartel - Verdoof, vergiftig, verskoon my

Snaaksste: Koolerbox - Jou moer