Jenny from the Block, J-Lo, La Lopez en Lola - alles byname vir die gewilde Amerikaanse aktrise, sanger en danser Jennifer Lopez. Wanneer J-Lo op die rooi tapyt is, volg die kameras haar. Hoekom? Sy is beeldskoon en haar uitrustings 99% in die kol. 

Boonop lyk sy nie 'n dag ouer as 30 nie. Maar gister het die Hollywood-ster 49 geword! Sy het die dag saam met haar kêrel, Alex Rodriguez, vriende en oulike 10-jarige tweeling, Max en Emme, gevier.

Jennifer het 'n kiekie op Instagram gedeel. Ons weet ouderdom is net 'n syfer, maar genugtig, sy lyk goed vir 49!

FOTO Instagram/ J-Lo

Volgens Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, was Jennifer nog altyd 'n styl-voorloper wanneer dit kom by kurwes. 

"Sedert Jennifer in 2000 die eerste naked dress by die Grammy-musiektoekennings gedra het, is alle oë op haar uitrustings en lyf. Ja, volgens my het sy die eerste naked dress gedra - sy was jare voor enige Kardashian. Jennifer was die baanbreker vir kurwes, en ek was nog atyd in verwondering dat sy so gemaklik in haar lyf is. Sy het nog altyd klere gedra wat haar kurwes beklemtoon.

"Haar lyf, nou op 49, slaan my asem weg. Jennifer is 'n toonbeeld daarvan dat harde werk en deursettingsvermoë vrugte werp. Sy is ook nie bang vir kleur en 'n nuwe haarstyl nie. Sy lyk goed in enige kleur!"

Amaria kies haar uitstaan-oomblikke:

"Dis nie noodwendig my gunsteling-rok nie, maar dis in hierdie een wat die wêreld vir Jennifer raakgesien het," sê Amaria.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

In 2015, 'n dag ná haar 46ste verjaardag.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

By die 2015-Oscars. "Hierdie was my gunsteling-rok daardie aand."

FOTO Getty Images/ Gallo Images

By 2012 se Oscars.

FOTO Getty Images/ Gallo Images


In 2016 by die Golden Globes. 

FOTO Getty Images/ Gallo Images

By die 2003-Oscars.

FOTO Getty Images/ Gallo Images

In 2017 het Jennifer geskitter!

SARIE se redakteur, Michélle van Breda, beskou dit as een van die mooiste rokke nóg. "Die kleur, die styl, dis perfek!"

FOTO Getty Images/ Gallo Images

Watter een is jou gunsteling?