Die Namibiese skoonheid Behati Prinsloo trek weer haar engelvlerke aan ná haar twee babas en gaan aan die volgende Victoria's Secret-modevertoning deelneem.

Sy het die nuus op die laatnag-geselsprogram Watch What Happens Live with Andy Cohen gedeel.

FOTO Instagram/ Behati Prinsloo
Behati en sanger-man, Adam Levine, se twee dogtertjies. FOTO Instagram/ Behati Prinsloo

Behati is nie die enigste engel-ma op die loopplank nie.

Candice Swanepoel

Die Suid-Afrikaner is die trotse ma van twee peuterseuns. Nes haar goeie vriendin Behati is sy weer vanjaar 'n engel. 

FOTO Instagram/ Candice Swanepoel
Candice Swanepoel se twee seuntjies. FOTO Instagram/ Candice Swanepoel

Adriana Lima

Die Brasiliaanse model is een van die bekendste Victoria's Secret-engele. Sy het twee pragtige dogters.

FOTO Instagram/ Adriana Lima
Adriana Lima se twee dogtertjies. FOTO Instagram/ Adriana Lima

Die engel Lily Aldridge was reeds vyf maande swanger met haar tweede kind toe sy laas op die loopplank verskyn het.

FOTO Instagram/ Lily Aldridge
Swanger Lily Aldridge. FOTO Instagram/ Lily Aldrige