Die bikini- en onderklere-model Miranda Kerr sê een van die geheime vir haar vietse lyf is dat sy selfs oefen terwyl sy sit. Só doen sy dit, berig die Amerikaanse Elle.

Miranda is ma van die 3-jarige Flynn (uit haar verhouding met die akteur Orlando Bloom) en is op die oomblik een van die gewildste modelle. Sy sê die maklikste manier om haar modellyf kamera-gereed te hou, is om die heeltyd te oefen, selfs terwyl sy sit.

Miranda-Kerr-41

Miranda se raad

  • Trek jou spiere saam terwyl jy voor die lessenaar of in die motor sit
  • Wissel af watter spiere jy saamtrek - jou kuite, bo-bene, boude, maag, arms
  • Onthou ook om jou gesig- en nekspiere te oefen. Die 30-jarige Miranda sê dit help om jou gesigvel styf te hou

miranda-kerr-for-mango-ad-campaign-1__oPtMiranda en Orlando skei, maar steeds die beste van vriende

Buiten om te gim, sê Miranda dit is belangrik om ’n aktiewe leefstyl te volg en te beweeg wanneer jy kan. Sy plank vir 10 minute elke dag: dis om in die op-posisie van ’n opstoot stil te staan. Sy maak dié oefening meer dinamies deur ook te side-plank (jy plank op een arm met jou voete opmekaar gestapel en kyk sywaarts).

Miranda Kerr en Flynn  FOTO: Instagram @mirandakerr Miranda Kerr en Flynn
FOTO: Instagram @mirandakerr

Lees die volledige onderhoud met Miranda HIER.