Dis môre Valentynsdag en ons is in die bui vir romanse! Ons het sommer dadelik gedink aan dié romantiese Schwarzkopf-advertensie wat verlede jaar uitgereik is*.

Televisie se beeldskone Kim Engelbrecht en die aantreklike Janez Vermeiren se nuwe romantiese advertensie het die land aan die praat ...

Dié video, wat die afgelope paar dae soos ’n veldbrand versprei het, is al meer as 1,5 miljoen keer gekyk!

In dié video is Kim en Janez ’n paartjie en Janez se karakter beplan iets baie spesiaal vir sy geliefde ...

Sosiale media gons oor dié Schwarzkopf-advertensie. Kyk dít HIER:

Janez is bekend as Top Billing- en Top Travel-aanbieder en Kim is ’n aktrise wat plaaslik én internasionaal naam maak. Sy is eersdaags saam met Louw Venter te sien in die nuwe Afrikaanse fliek, Konfetti - lees meer hier.

WAT MAAK JOU LIEF VIR JOU ANDER HELFTE? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

* Ons het dié artikel geplaas soos wat dit verlede jaar verskyn het. Intussen het ’n paar goed verander - dié video is al meer as 15 miljoen keer gekyk en Janez is nie meer betrokke by Top Billing nie.

Schwarzkopf