Lyk trane van blydskap dieselfde as trane van hartseer? Die fotograaf Rose-Lynn Fisher het ook hieroor gewonder en toe navorsing daaroor gedoen. Hiér is die merkwaardige antwoord.

Rose-Lynn het honderde trane onder ’n elektron-mikroskoop bestudeer en gesien dat ons trane van mekaar verskil na gelang van die rede wáárom ons “huil”. Trane van harde lag en hartseertrane lyk byvoorbeeld glad nie dieselfde nie.

Hier is die foto's van ons verskillende soorte trane. Dít kom uit Rose-Lynn se projek The Topography of Tears.

Trane van lag totdat jy huil

FOTO:  Rose-Lynn Fisher  FOTO: Rose-Lynn Fisher

Trane van verdriet

FOTO:  Rose-Lynn Fisher  FOTO: Rose-Lynn Fisher

Joseph Stromberg van die Smithsonian se kollege vir wetenskap en kuns verduidelik dat alle trane bestaan uit organiese inhoud soos olies, teenliggame en ensieme in soutwater. Maar elke soort trane het ook sy kenmerkende molekules.

Emosionele trane bevat byvoorbeeld proteïengebaseerde hormone, insluitend die neurotransmitter leusien enkefalien, ’n natuurlike pynstiller wat vrygestel word wanneer jy onder stres s. Dít lyk anders as die trane wat vorm wanneer jy ’n ui sny ...

Trane van ’n ui

FOTO:  Rose-Lynn Fisher  FOTO: Rose-Lynn Fisher

Trane van hereniging

FOTO:  Rose-Lynn Fisher  FOTO: Rose-Lynn Fisher

Trane van dinge wat eindig of begin

FOTO:  Rose-Lynn Fisher  FOTO: Rose-Lynn Fisher

Trane van hoop

FOTO:  Rose-Lynn Fisher  FOTO: Rose-Lynn Fisher

Trane van lewenslus

FOTO:  Rose-Lynn Fisher  FOTO: Rose-Lynn Fisher

Trane van herinnering

FOTO:  Rose-Lynn Fisher  FOTO: Rose-Lynn Fisher

Kyk HIER na nóg tipes trane

Bronne: Rose-Lynn Fisher, Life Buzz