Op 50 is die Italiaanse aktrise Monica Bellucci die oudste Bond-meisie nóg.

Monica gaan die nuwe Bond-meisie in die volgende James Bond-film, Spectre, wees.

En volgens mense se reaksie op sosiale media is sy ’n gewilde keuse vir dié ikoniese rol.

5 feite oor Monica

  • Monica is op 50 die oudste Bond-meisie nóg. Die vorige aktrise wat dít kon sê, was Honor Blackman wat op 39 in Goldfinger gespeel het.

goldfinger

  • Monica het ’n oudisie afgelê vir Tomorrow Never Dies, maar dié 1997-rol het aan Teri Hatcher gegaan.

  • Monica is ná ’n 18 jaar lange verhouding met die akteur Vincent Cassel weer enkellopend.

  • Monica het twee dogters, Deva wat gebore is toe sy 39 was, en Leonie wat sy op 45 gekry het. Sy het met albei swangerskappe (in 2004 en 2010) naak poseer vir Vanity Fair.

  • Monica was te sien in Hollywood-films soos The Matrix, Bram Stoker’s Dracula, Shoot ‘Em Up, Tears of the Sun en het die rol van Maria Magdalena vertolk in The Passion of the Christ. Sy het ook al in baie Europese films gespeel.

Monica BellucciDaniel Craig is weer James Bond in Spectre. Naomie Harris vertolk weer die rol van Eve Moneypenny en dié keer speel Christoph Waltz die skurk.

Bronne: News.au en Daily Mail