Dit was 'n aand van fliek en karnaval-kos onder die sterre! Onder die groot bome van die Kirstenbosch Botaniese Tuin het The Galileo opelug-teater vir ons 'n groot skerm opgeslaan om die nuwe Afrikaanse film Mooirvier te kyk.

En was dit nie 'n fees nie! SARIE het as mediavennoot van Mooirivier ingespring om die première te reël, maar só 'n aand sal nooit moontlik wees sonder getroue borge nie. Ons bedank graag Johnny Hamman en Marius Uys van Slippery Spoon - Secret Pop-Up Restaurant vir die spyseniering en Van Loveren vir die drankies.

Die ruimte is mooi gemaak deur Goeters en Blooming Wonderful Decor Hire. Beacon (van Tiger Brands) het ons suikertand bevredig en BOS Ice Tea & Truth Coffee Roasting het ons kele nat gehou. spree.co.za het die klere vir die fliek geborg en 'n paar bekende gaste het ook dié aanlynplatform gekies vir hul uitrustings.

Institute of Culinary Arts en The Aleit Group het gesorg dat die gaste altyd iets in die hand gehad het.

Die aand sou nie moontlik gewees het sonder die bydrae van Revlon South Africa nie.

Hier is 'n paar foto's van dié opelug-geleentheid

(Alle foto's: Zeke du Plessis)

ZdP 069 (1)

ZdP 106 (1)

ZdP 140 (1)

ZdP 172 (1)(Alle foto's: Zeke du Plessis)