Die voormalige Suid-Afrikaanse krieketster Morné Morkel en sy Australiese vrou, Roz Kelly, het ’n tweede kind, Leo, verwelkom.

Die pragtige paartjie is in 2014 getroud en het nog ’n seuntjie, die 3-jarige Arias.

Roz het die wonderlike nuus vroeër die week op haar Instagram-blad gedeel. Saam met die nuus verskyn ’n foto van Arias wat sy bababoetie se handjie vashou.

KYK HOE KOSTELIK

FOTO Instagram/ Roz Kelly
FOTO Instagram/ Roz Kelly