Nuus24 het só berig:

"Morné Steyn, Springbok- en Blou Bul-held, het gister (20 Oktober) voor ’n straks meer senutergende uitdaging te staan gekom as daardie beslissende skop in die halfeindstryd tussen die Bulle en die Westelike Provinsie.

Steyn en Christelle van Zyl, met wie hy sedert sy skooldae uitgaan, het te midde van streng sekerheidsmaatreëls by die gewilde sonpaleis Sun City in Noordwes voor die kansel gestaan om ewige trou aan mekaar te beloof.

Die bruid is kort ná 16:00 met ’n swierige koets aangery na waar haar aanstaande by die Palace se amfiteater vir haar gewag het.

Die troue is juis vir ’n Dinsdag beplan sodat die Blou Bul-staatmaker se huweliksreëlings nie met sy span se Curriebeker-verpligtinge bots nie." Lees meer hier

Hier is 'n YouTube-video met troufoto's - moenie die Blou Bul-sokkies miskyk nie!