Lily Atkinson (16) het die papparazzi aan die kliek gehad toe sy saam met pa Rowan en ma Sunetra Sastry, 'n grimeerkunstenaar, op die rooi tapyt tydens die Londense première van Rowan se nuutste fliek, Johnny English Reborn, verskyn het. 

Sy was elegant in 'n minimalistiese swart slooprokkie met prettige enkelstewels in luiperdvel, smeulende ooggrimering, oorgroot ronde oorbelle en 'n sexy haredos!

Lily is self nie vreemd vir 'n rolprentstel nie. Sy het 'n rol in die 2007-fliek, Mr Bean's Holiday, gehad.

KYK DIE VOORPRENT VAN JOHNNY ENGLISH REBORN