Meisies, staan maar nader, want Munro is op pad terug Johannesburg toe ná ’n werkverposinkie op George in die Suid-Kaap. En hy’s weer ’n losloper. Sy verhouding met Christina Storm (julle onthou die opspraakwekkende kaalfoto’s van die twee saam met ’n paar ander celebs?) is geskiedenis.

One Way Ticket, sy eerste CD met Engelse rockmusiek, word in Maart uitgereik. Hy sê van die liedjies het hy onlangs geskryf, hoeka in die Kaap, maar daar is ook van sy ouer liedjies te hoor.
En nee, hy gaan nie sommer weer kaal poseer saam met énigiemand nie ...