In 1997 het Julia Roberts se karakter, Julianne Potter, op haar beste vriend, Michael O'Neal (Dermot Mulroney), verlief geraak. Daar was net een probleem: Hy het op trou gestaan en sy was sy strooimeisie. Praat van ’n tameletjie! Dié fliek, My Best Friend’s Wedding, waarin Cameron Diaz en Rupert Everett ook te sien was, het $299 miljoen (sowat R4 miljard) by die loket verdien.

Onthou jy nog dié ikoniese toneel?

Nou, 22 jaar later, verskyn die vier akteurs saam op die Amerikaanse tydskrif Entertainment Weekly se voorblad. 

FOTO Instagram / Entertainment Weekly
FOTO Instagram / Ruven Afanador
FOTO Instagram / Entertainment Weekly

Hier gesels hulle oor die gewilde fliek:

Het jy geweet? Julia Roberts, liefling van die 90's-romkom, was daai tyd die eerste en enigste keuse vir haar rol, maar Reese Witherspoon, Russell Crowe en Benicio del Toro is oorspronklik vir die ander rolle oorweeg.