Prins Harry sit tans sy ma, Diana, se werk voort vir die anti-landmyn-organisasie wat sy destyds gelei het. "Sy sou trots wees op my," het die jong prins gesê.

Harry is vir 'n volle week in Amerika om dié organisasie, The Halo Trust, se werk te bevorder. Hy het onder andere 'n uitstalling by Washington se Capitol Hill geopen wat ter ondersteuning van dié trust wys.

'n Foto van Diana wat in 1997 met 'n masker op haar gesig deur 'n mynveld gestap het, het daardie tyd groot aandag op dié projek gevestig. En nou sit Harry sy ma se goeie werk voort.