Ons het Angelina Jolie al met enigiets van delikate tot bonkige juwele op die rooi tapyte gesien. Ná nege maande se werk aan haar eie juwele-reeks saam met mede-ontwerper, die juwelier van haar eie verloofring Robert Procop, is die reeks aan 'n uitgelese groep by die Julien’s Gallery in Beverly Hills gewys.

Die Style of Jolie-reeks is so klassiek sjiek soos Angelina self. En ook in ware Angelina-styl sal die wins gebruik word vir haar kinderwelsynsorganisasies. Die eerste projek wat deur die verkope befonds sal word, is 'n skool in Afghanistan.

Daar is reeds 'n paar Hollywoodname wat aanhangers van Style of Jolie is. Akteur Robert Downey Jr se vrou, Susan, is een van hulle.

Hier is 'n voorsmakie van die reeks: