Julio sou op 5 en 6 November in Johannesburg en op 8 November in Kaapstad opgetree het. Die toer is onbepaald uitgestel en Big Concerts sal hopelik binnekort nuwe datums bekend maak.

Aanhangers wat reeds hul kaartjies vir die November-konserte gekoop het, moet dit asseblief hou totdat die nuwe datums aangekondig word. Dié wat liewer hul geld wil terughê, kan hul kaartjies by die naaste Computicket-tak ingee.

Julio het sy Suid-Afrikaanse aanhangers om verskoning gevra, maar soos dinge nou lyk, sien ons hom vroeg in 2012 op Suid-Afrikaanse bodem!

Volg SARIE op Twitter en op Facebook vir enige nuus hieroor.