Ons assosieer nie werklik vir Joan Rivers met die musiekwêreld nie, maar dié ontslape TV-aanbieder is vanjaar met ’n Grammy vereer.

Joan het haar eerste Grammy postuum gewen vir Beste Album: Gesproke Woord by gisteraand se toekennings in Los Angeles.

Dié prys is vir die oudio-weergawe van haar 2014-memoires Diary of a Mad Diva.

47908337_0_Img2 Ander benoemings in dié kategorie was akteur James Franco (Actors Anonymous), Jimmy Carter (A Call To Action), John Waters (Carsick: John Waters Hitchhikes Across America) en Elizabeth Warren (A Fighting Chance).

Joan se dogter, Melissa Rivers, het op die rooi tapyt aan E! Online se Giuliana Rancic vertel dat die benoeming (dis voordat hulle geweet het sy wen) ’n bittersoet oomblik was. “Dit is wonderlik om te sien hoe geliefd sy is en hoeveel aandag sy nou kry, mense verstaan nou wie sy was.”

joan rivers

Dit is die tweede keer dat Joan benoem is – die eerste was in 1984 vir Beste Komediese Album vir What Becomes a Semi-Legend Most?.

Bron: Huffington Post