Vir Sex and the City-aanhangers is daar nét een aktrise wat die hoofkarakter, Carrie Bradshaw, kan speel: Sarah Jessica Parker! Maar nou het vervaardigers besluit om 'n nuwe TV-reeks, The Carrie Diaries (ook uit die pen van skrywer Candace Bushnell), vir TV te skep met die 16-jarige Carrie Bradshaw as die hoofkarakter. Die soektog is nou aan die gang na die perfekte aktrise om Sarah Jessica Parker as die jonger Carrie op te volg . . . of liewer – vooraf te gaan.

Maar watter soort karakter was Carrie as 16-jarige? Sy word beskryf as 'n skerpsinnige, sjarmante tiener met "geen kennis van liefde, seks en verhoudings nie". Maar haar skerp modesin is reeds aan die ontwikkel!

Name wat reeds genoem is, is Elizabeth Olsen, suster van die tweeling Mary-Kate en Ashley, en Emma Roberts, broerskind van Julia Roberts.

Wie dink jy kan Sarah Jessica se "jonger" trendy skoene volstaan?