Love Never Dies neem die verhaal van The Phantom verder: Die Phantom verlaat die Paryse Operahuis en bevind homself 10 jaar later op die skougronde van New York se Coney Island.

Love Never Dies sal sy debuut maak op 9 Maart 2010 in Londen se Adelphi-teater. Volgens persverklarings is dit 'n emosionele wipplank-rit van obsessie en intrige waarin musiek en herinnerings wrede toertjies uithaal. (Bron: www.yahoo.com)

Vanaf 11 November 2010 kan jy dit in New York sien, en in 2011 in Australië. Lloyd Webber se gewilde musiekblyspel Cats is tans in Johannesburg op die planke en kom in November na Kaapstad – klik hier vir kaartjies Hy is onlangs gediagnoseer met kanker. Lees die storie op Nuus24.