Ja, Maandag is D-dag (of eintlik S-dag). Want op 14 September kan jy jouself met vrymoedigheid aan nasionale sjokoladedag oorgee!

The Chocolate Club is 'n plaaslike aanlyn-sjokoladeklub wat plaaslike, handgemaakte Belgiese sjokolade verskaf en oorspronklike resepte met gebruikers deel.

"Luukse sjokolade is vir eeue al begeerlik, 'n koninklike bederf - van romerige Asteekse drankies tot die ryke geure van Europese sjokolade," sê Tim Hartzenberg, direkteur van User Experience by The Chocolate Club.

Dalk bak jy 'n warm loop-poeding of eet jy 'n hele plak sjokolade alleen op. Hoekom nie?