Vanaf 12 tot 14 November is Krismis, die Musical by die Breytenbach Sentrum in Wellington op die verhoog, met Nataniël, Niël Rademan en Christo Davids (Errol van 7de Laan). Nataniël is die Betlehemster.

Hierdie unieke musiekblyspel speel rondom die sentrum af en kykers moet na opeenvolgende speelruimtes beweeg: vanaf Josef se werkswinkel, verby Herodus se paleis, die herders in die ope veld, 'n propvol herberg tot by die stal.

Dis 'n gemeenskapsproduksie waaraan 200 Wellingtonse leerders en die sentrum se bemagtigingsprojekte vir maande saamgewerk het. Die teks is geskryf deur Adriaan Meyer en die lirieke deur Riana Scheepers, Leonette Smit, Erika Rabie en Jaco Foot. Toonsettings deur Leonore Bredekamp en Jaco Foot. Kostuumontwerp deur Danielle Lambrechts en die buitelug-installasie deur Strijdom van der Merwe.

Wat jy moet weet...

Tyd: 18:30- en 20:30-vertonings
Waar? Breytenbach Sentrum, h/v Malherbe- en Burgerstraat, Wellington

Kaartjieprys: R100 (alle geld gaan aan welsyn)
Bespreek by: 021 873 2786 of stuur 'n e-pos na teater@breytenbachsentrum.co.za of besoek www.breytenbachsentrum.co.za