Jy kan uitsien na ’n uitstekende kookdemonstrasie en ’n heerlike topklas-driegangmaaltyd met Nataniël.

Kom kuier 31 Augustus om 19:30 by die Atterbury Teater vir dié kos-program.

Kaartjies kos R150 p.p. en is beskikbaar by Computicket.

Verversings en 'n geskenkpak met onder meer Nataniël se resepte is by die kaartjie ingesluit.

Atterbury Teater en SARIE bied maandeliks Pretoria Kook aan, met 'n kunstenaar-sjef wat die gehoor  leer kook.

Hier is Nataniël se staatmaker-geregte wat áltyd ’n wennner is

  • Gebakte eiervrug met of sonder kaas of eier
  • Pasta gemaak van semolina en water
  • Gebakte polenta met gepaste pizza-vulsels
  • Groente gebak in lae met ’n sous van tamatie en basiliekruid
  • Sop met boontjies, broccoli, gemengde groente of lensies
  • Risotto - in elke aanvaarbare geur!
  • Suurlemoen-koeskoes met jong tamaties en gebraaide halloumi
  • Druiweblare gevul met rys of feta en komkommer
  • Vir ’n braai: Heel aartappels met verskillende vulsels of souse, en gemarineerde sampioene op ’n stokkie
  • Rysnoedels met groente en rissiesous
  • Indiese rysgeregte, groentekerries en jogurtsouse

Vir nagereg:

  • Pruime gebak in lemoensap
  • Vars vrugte met jogurt en donkersjokolade
  • Meellose sponskoek met aarbeie en gemengde bessies
  • Dadels gevul met neute
  • Sitrusslaai met kaneel

Pretoria Kook word elke laaste Woensdag van die maand tot einde November 2011 aangebied.

Maak dan sommer 'n draai by Rhapsody’s in die Lynnwood Bridge-sentrum vir ’n dekadente glas sjampanje en truffels.

*Prenox verskaf alle kombuistoerusting vir Pretoria Kook.

Volg SARIE op Twitter en Facebook