Vir haar groot stap het Natasha gaan aanklop by Eric Way van Celebrity by Eric Way en sy 'Dream Team': Edith Kemp van Dream Nails, grimeerkunstenaar Cicilia Kaufmann en haarstilis Jan de Beer. Natasha, as handelsmerk-ambassadeur van die voorste velsorgreeks Placécol en Dream Nails, het Vrydag dié splinternuwe voorkoms gekry vir Saterdag (24 Julie 2010) se Placécol en Dream Nails Celebrity Make-over Event wat by The Royal Elephant Hotel & Konferensiesentrum in Centurion gehou is.
Eric Way, top internasionale mode-ontwerper en ook bekend as ontwerper vir TV-reekse soos Sex and the City en Britain's Next Top Model, het bygestaan met raad oor Natasha se nuwe haarsnit en -kleur. Hy het ‘n korter, oneweredige, shaggy bob met 'n kuif voorgestel wat haar ovaal gesigvorm sal komplimenteer. Dis ook ‘n maklik hanteerbare was-en-dra-styl. Hy het ook 'n effens donkerder haarkleur gekies met verskillende kleur-aksente wat die hare nóg gesonder sal laat lyk. Natasha wou graag 'n lekker verandering hê, maar as 'n ma van twee besige seuntjies wou sy steeds nie ure lank voor die spieël deurbring nie. Sy was ook moeg vir haar lang hare en het al vir 'n ruk lank met die idee van 'n korter haarstyl gespeel. Sy het fyn hare en het ook meer volume in 'n nuwe haarstyl gesoek. Haarstilis Jan de Beer het die kleur, Out of the Woods, uit die Affinage-reeks gekies. Dit het donker en ligter tone wat in natuurlike houtkleure voorkom. Vir die basis het hy Coffee gebruik, ‘n melksjokolade-kleur vir definisie, en vir aksente ‘n skakering tussen Cappuccino en Caffé Latte. Die kleur is in zigzag-patrone aangewend sodat dit goed kan vermeng en natuurliker kan lyk. Die knipwerk is eers met 'n skêr gedoen en toe met 'n lemmetjie uitgedun vir volume. Dit help ook om die shaggy styl te skep. Op Twitter twiet Natasha dat dit voel of sy wéér 'n lang verhouding verbreek het - dié keer met haar lang hare! Die volgende Placécol en Dream Nails Make-over Event is op 4 September 2010 in Kaapstad en dan op 2 Oktober 2010 in Bloemfontein. Eric Way gee ook elke keer ‘n mooimaaksessie weg aan iemand in die gehoor. Besoek www.placecol.com vir meer hieroor.

VOOR DIE GROOT HAARKNIP (OKTOBER 2008)

NATASHA SE NUWE 'ROCK CHICK'-VOORKOMS
* Speel ook met meer as 120 haarstyle in die sarie.com mooimaak-sessieprogram. Dis maklik en gratis om te gebruik. Laai net jou eie foto op en speel met 'n reeks verskillende haarstyle en grimeervoorkomste.