Dis ’n jaar van flieks, televisie, ’n eenmanvertoning. Neels van Jaarsveld gaan nie stilsit nie. Hy speel van alkoholis, tot donker karakter met die silwer randjie en gholf-geesdriftige ...

Hy beplan om nie een oomblik vanjaar stil te sit nie.

Neels van Jaarsveld het energie soos nooit tevore. "In die rolprent Man soos my pa vertolk ek die rol van n alkoholis wat baie lief is vir sy seun. Hy wil die beste vir hom hê, maar kry dit nie reg nie. Dit speel af tussen 1970 en 2014. Ek het darem goeie ‘navorsing’ gedoen rakende die gedrinkery, haha."

Neels het verelde jaar met SARIE sy stryd met alkoholisme gedeel

Ander akteurs in dié fliek is onder andere Sandra Prinsloo, Deon Lotz, Shimmy Isaacs, Greg Kriek, Antoinette Louw en Viljé Maritz. "Dit is ’n groot voorreg om saam met spelers van dié kaliber aan ’n uitstekende draaiboek te werk. Die regie word deur Sean Else behartig.’’

Die rolprent word einde November vanjaar uitgereik.

Neels op die gholfbaan FOTO: Facebook Neels op die gholfbaan
FOTO: Facebook

Hy sien ook uit daarna om die "donker, komplekse karakter met die ligte randjie’’ te speel in Die pro. "Dit is ’n klassieke feel good-rolprent wat ’n jonger gehoor teiken. Ons gaan skiet in Jeffreysbaai, waar die goeie branders en ongelooflikste gholfbane is. Ek sien uit daarna. Die regie is deur Andre Velts, saam met wie ek ook onlangs gewerk het aan die romantiese komedie Knysna (dis in Desember 2014 uitgereik)."

Hoewel hy nie veel kan verklap oor die TV-karakter wat hy in Getroud met rugby op kykNET gaan vertolk nie, sê hy bloot: "Steyn, ’n agterlynspeler, is opwindend, vinnig, en moeilik om te peil.’’ En ja, hy sien vir seker uit om sy tande in dié rol in te slaan.

Vir eers werk hy nou kliphard aan sy eenmanvertoning Innie rof, wat op 1 Julie afskop by die Innibos-fees op Nelspruit. Dit sal landwyd toer, waarskynlik na al die groot feeste. "Ek reken ons sal dit so skeduleer dat ons aandvertonings het sodat ons bedags kan gholf speel. Dit gaan oor gholf as metafoor vir die lewe en sal vermaak bied aan die hele gesin."

Neels se meisie, Jeanne, swaai ook die stok FOTO: Facebook FOTO: Facebook Neels se meisie, Jeanne, swaai ook die stok FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Lees nou