Die Suid-Afrikaanse regisseur Neill Blomkamp is nou besig met sy Alien-opvolgprent, berig Huffington Post.

Neill het sowat ’n week gelede gesê dat 20th Century Fox sommer "môre" ’n Alien-opvolg met hom sal maak. Die District 9-regisseur het Woensdag via Instagram gedeel dat hy amptelik aan die opvolgprent begin werk.

http://instagram.com/p/zQwEQ0qhBq/?modal=true

Fox sal dié fliek bekend stel en die oorspronklike Alien-regisseur, Ridley Scott, sal ook sy insae lewer.

Neill wil al vir ’n lang tyd ’n opvolgprent van die bekende Alien maak, alhoewel hy al in die verlede oop kaarte gespeel het oor sy skeptisisme: "Ek weet nie of dit vir my die beste is om by ’n franchise betrokke te raak nie. Wanneer produksiehuise franchise ruik, ruik hulle geld... interessante idees kom dan tweede."

Alien-aanhangers hoef nie bekommerd te wees nie, Niell is seker dat hy sy kreatiwe integriteit sal behou: "Dit [die fliek] gaan op my terme plaasvind."

Bron: Huffington Post