“Ek het so ’n diep konneksie met my aanhangers. Om ’n geur te ontwikkel waarvan ek baie hou, is net nog ’n manier om hulle nader aan my en my wêreld te bring,” het Justin aan WWD vertel.   

Dit is ’n vrugtige geur in ’n bottel met ’n hartvormige roos bo-op.

’n Persentasie van die wins gaan tussen twee liefdadigheidsorganisasies, Pencils of Promise en die Make-A-Wish Foundation, verdeel word. “Liefdadigheid is baie hoog op my prioriteitslys,” het die popster vertel.

Dit gaan sowat R250 vir 30ml kos.