Die gewilde sanger Nicholis Louw het op Facebook bekend gemaak dat sy vrou, Denise, swanger is. 

Nicholis en Denise het in Julie verlede jaar getrou - kyk na hul troufoto's hier.

Hy het gisteraand dié groot nuus op sy Facebook-blad aangekondig.

Screen Shot 2015-02-27 at 9.09.16 AM

Nicholis kon nie voor die troue uitgepraat raak oor sy verloofde nie. Hy het aan SARIE.com vertel:

“Sy is net die beste mens wat ek al ooit ontmoet het. Daar is niemand wat eers naby kom nie. Ek het ’n luck ge-strike. En dis nie sommer nét nie – ek weet die Here het haar vir my gegee, want sy pas my soos ’n handskoen … ons pas mekaar soos handskoene.”

“Ons smeer ook op mekaar af. Maar as ek sien dat enige van my slegte kwaliteite op haar afsmeer dan sê ek vir haar: “Liefie, moenie soos ek raak nie!”, want ek kyk op na haar.”