Die sanger Nicholis Louw en sy vrou, Denise, het reeds verlede maand hul eersteling, Miané Rosabella, verwelkom, maar dit tot nou toe stil gehou.

Denise sê op haar Instagram-blad sy was by die werk toe Miané - ’n paar weke vroeg - besluit het om haar opwagting te maak.

Miané het haar ouers op 31 weke verras. Trotse pa Nicholis skryf op sy Facebook-blad dat hulle dié nuus vir eers stil gehou het om tyd saam as ’n gesin te spandeer.   

 Screen Shot 2015-09-23 at 6.23.27 AM
Nicholis is ’n baie betrokke pa, skryf Denise op Twitter - veral met Miané wat ’n bietjie meer sorg nodig het omdat sy vroeg gebore is.

Baie geluk, Nicholis en Denise! 

Lees nou