Min 45-jarige vroue kan waarskynlik sê sy was al halfnaak op 'n tydskrif-voorblad – en lyk boonop goed óók! Op dié voorblad wys Kidman lyf in 'n piepklein swart-en-goud rompie.

"Pragtig, pragtig!" het Testino glo tydens die fotosessie gesê. "Jy is só mooi, dis verregaande! Kyk jou lyf, dis ongelooflik!"

Nicole het ingestem tot die voorblad om haar nuwe fliek, The Paperboy, te bemark. Dit word op 5 Oktober vrygestel saam met haar mede-sterre Zac Efron en Matthew McConaughey.

Dié Oscar-bekroonde aktrise sê sy vind dit moeilik om haarself weg te skeur van haar gesin vir werk. Sy en Keith Urban het twee kinders, Sunday (4) en Faith (19 maande). Dan is daar ook haar twee aangenome kinders saam met haar eks-man, die akteur Tom Cruise, Isabella (19) en Connor (17).

"Ek is so bang ek mis iets, en ek wil nie hê hulle moet voel ek is nie daar vir hulle nie. Maar ek werk daaraan."

Kidman word vanjaar by die New Yorkse Filmfees vereer vir haar 30 jaar in die bedryf.