Nicole Kidman het in die nuutste uitgawe van Vanity Fairhaar stilswye oor haar huwelik met Tom Cruise verbreek.

Dit is iets waaroor sy nie baie praat nie, maar noudat sy haar "groot liefde" gevind het, praat sy oor haar verhouding met Tom Cruise. Sy vergelyk dié verhouding met die van Brangelina - Brad Pitt en Angelina Jolie oor die hoeveelheid media-aandag wat konstant op hulle was.

Nicole Kidman"Só ’n tipe lewe is nie net sleg nie ... daar lê iets daarin - om net mekaar te hê in die realiteit wat die media skep. Om net op mekaar te steun kan bedwelmend wees. Daar is net een ander persoon in die wêreld wat verstaan waardeur jy elke dag gaan en dis die persoon wat langs jou slaap - dit bring julle nader aan mekaar."

Nicole en Tom het in 2011 ná 11 jaar geskei. Hulle het saam twee kinders aangeneem, Bella (wat nou 20 jaar oud is) en Connor (18).

FOTO: Instagram Connor en Bella FOTO: Instagram

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ten spyte hiervan, erken Nicole dat nie alles reg was in haar huwelik met Tom nie. Sy voel sy was te jonk (sy was 23 toe hulle getrou het) en dat hy nie haar "groot liefde" was nie. Dít is haar tweede man, die sanger Keith Urban.

Sy vertel ook dat dit haar onkant gevang het toe Tom die egskeidingspapiere geteken het. "Dit was ’n laagtepunt in my lewe."

Só hanteer jy ’n egskeiding

Nou kies sy ’n lewe buite die kollig en buite Los Angeles. In dié onderhoud noem sy haar huis in Nashville, Tennessee met Keith en hul twee jong dogters, Sunday en Faith, "baie vreedsaam". "Ek is bly ek het lank gewag voordat ek dié lewe gekry het, nou waardeer ek dit meer ..."

Bron: Vanity Fair