Sy lang hare was kenmerkend van sy country-voorkoms. Nou het Keith Urban, country-sanger en man van Nicole Kidman, sy hare kort gesny.

Keith het gister sy nuwe kort haarstyl op sy Instagram-blad gedeel. Hoewel die American Idols-beoordelaar se kenmerkende kuif steeds lank is, is sy hare wat al by tye skouerlengte was, kort teen sy kop geskeer. Dit lyk ook hy van sy sonstrepies ontslae geraak het.

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van sy kort hare of nie?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Keith het ook ’n foto gedeel van al sy hare op die haarkapper se vloer wat afgesny is:

FOTO: Instagram FOTO: Instagram