'n Mens sal dit nooit sê nie. Daar's ook 'n ander paar goed wat jy dalk nie van haar geweet het nie...

Haar laaste maaltyd sal gebraaide hoender, kapok- en gebakte aartappel, roomspinasie, ertjies en broodsous. Vir nagereg rhubarb fool. (Sy is wel bekommerd dat haar spyt haar sal inhaal, sou sy nie spaghetti met gapermossels of biefstuk met skyfies en uie-ringe, en glanskastaiing gekies het nie.)

Haar man, Charles Saatchi, stel nie regtig in haar kookkuns belang nie. "Ek's seker dis fantasties, maar ek hou van roosterbrood met Dairylea, en Weetabix vir aandete... Maar die kinders en ons vriende is mal oor haar kos."

Sy versamel kookboeke - Daar's omtrent 3 500 boeke in haar versameling. Haar gunsteling? Anna del Conte se Entertaining all'Italiana

'n Enkelporsie van Nigella se eier-en-spek-pastei bevat 36 g versadigde vet, terwyl die mans en vroue slegs 20 g en 30 g vet onderskeidelik mag inneem. Voedingkundiges het haar al gekritiseer omdat sy te veel botter en room in haar resepte gebruik.

Nigella sê dat haar skoonheid haar nie regeer nie. "Ek het 'n ma gehad wie se voorkoms vir haar só belangrik was dat sy dankbaar was om jonk dood te gaan, net sodat sy nooit hoef oud te geword het nie." Haar ma, Vanessa, is op die ouderdom van 48 aan lewerkanker dood.

Haar eerste man, John Diamond, is in 2001 dood aan keelkanker gedurende die verfilming van Nigella Bites. Sy's in September 2003 met Charles Saatchi getroud.

Haar wenke vir onthaal op weeksaande: los maar die voorgereg, bedien die kos stiptelik en laat jou gaste vroeg huis toe gaan. (Bron: www.dailymail.co.uk).
Lees die volle artikel

Bestel jou gunsteling Nigella-kookboeke hier