Spencer Elden, ’n straatkunstenaar, het 25 jaar gelede in sy geboortepakkie op die album-omslag van Nirvana se Nevermind (1991) verskyn. En nou het hy besluit om die ikoniese foto te herskep - dié keer met ’n broek aan, natuurlik! Nevermind was Nirvana se tweede album en dit was ’n verrassende sukses. Die tweede enkelsnit, "Smells Like Teen Spirit", het veral ’n kultusliedjie van die 90's geraak! Spencer was net vier maande oud toe ’n fotograaf vir sy pa gevra het of hy Spencer vir die omslag kan afneem. Sy ouers is $200 (sowat R2729) betaal. Die "Nirvana-baba" toe en nou:

Lees nou

Bekendes met ’n onvolmaakte glimlag

Koninklike toer: Charlotte te skattig

3 voordele van tuinmaak