Een van Hollywood se gunteling-glanspaartjies is verloof! Ashton Kutcher het Mila Kunis gevra om te trou en sy het ja gesê, skryf E! Online.

Mila is gister in die winkels gesien met ’n groot, blink steen aan haar ringvinger. Sy en Ashton gaan al vir twee jaar met mekaar uit.

Mila en Ashton het mekaar ontmoet toe hulle in 1998 saam in die TV-reeks That 70's show begin speel het. Hul karakters in dié reeks was ook ’n paartjie.

Kyk net dié foto wat Mila vroeër die week van haar en Ashton op Instagram gedeel het. In die onderskrif het sy gesê sy is lief vir hom.

Die twee het omtrent sewe maande nadat Ashton en aktrise Demi Moore se paadjies geskei het, begin uitgaan.