James Blunt se nuutste musiekvideo is gister (21 November) in Houtstraat in die middestad van Kaapstad geskiet naby The Colour Red-koffiewinkel. Hy het 'n rooi fiets byderhand gehad. Só berig 2oceansvibe. Klik ook daar vir nog foto's.

Orlando Bloom was in Kaapstad om tonele uit Zulu te verfilm, 'n nuwe fliek saam met Forest Whitaker. Sy vrou, die Victoria Secret-model, Miranda Kerr en hul seuntjie, Flynn, was 'n paar keer in Kaapstad gesien, soos hier waar hulle langs die Seepunt-promenade stap.

Miranda Kerr en Flynn

Charlize was onlangs in Namibië om te werk aan haar nuwe film, Mad Max: Fury Road, en haar hare is kortgeskeer vir die okkasie. Tans kuier sy en haar gesin in Kaapstad. Die sarie.com-span het Woensdag 21 November vir haar 'n paar SARIE-tydskrifte by 'n restaurant in die Moederstad oorhandig waar sy saam met haar ma, Gerda, en baba Jackson middagete geniet het. Sy't vriendelik in Afrikaans 'dankie' gesê.

FOT: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES

Charlize en haar ma Gerda