Dié Suid-Afrikaanse groep met hul eg-Oos-Europese klank het dadelik Charlene se guns gewen toe haar adviseur hul CD vir haar gespeel het. Die egpaar was van plan om internasionale musikante in te vlieg, maar Zamar het toe die lys gehaal.

"Ons het bo in die Lighthouse gespeel, al hul naaste vriende en familie was daar byeen," sê Veronica Bell, leier van die groep.
"Ons was besig om op te stel toe sy ons skuins voor ontbyt spesiaal kom ontmoet het. Sy was baie toeganklik. Ek't haar sommer 'n druk gegee!" sê Bell.

Hul sangeres Simangele Mashazi is gevra om Somewhere over the rainbow te sing wanneer die prinses inkom.