Jessica het gesê haar ander dogter, Honor (3), is ongelooflik opgewonde. Sy het ook haar Facebook-aanhangers bedank vir al die ondersteuning gedurende haar swangerskap.

Cash het op sy Twitter-blad geskryf dat positiewe twiets en boodskappe vir hulle regtig baie beteken: "Ons glimlag van oor tot oor."