Dit blyk asof Charlize Theron weer met 'n aannemingsproses gaan begin. Dié keer om vir Jackson, haar 2-jarige seuntjie wat sy in 2012 aangeneem het, 'n boetie of 'n sussie te kry.

'n Bron het glo aan National Enquirer gesê dat Charlize dit vir Jackson wens. "Sy weet dit is 'n moeilike proses, maar sy gaan in die nuwe jaar dit weer aanpak. Sy wil hê Jackson en sy boetie se ouderdomsverskil moet klein wees, want sy wil hulle graag saam grootmaak," het die bron vertel.

"Sy kyk na die moontlikheid om 'n Suid-Afrikaanse babatjie aan te neem, maar niks is nog gefinaliseer nie. Sy weet op dié stadium slegs dat sy graag nog 'n kind wil hê," het die bron ook gesê.

En wat sê Charlize daarvan om 'n enkelma te wees? "Ek dink nie enige ma mik daarvoor nie. Ek het ook nie daarvoor gehoop nie, maar dit het so gebeur," het sy gesê.