William se niggie Zara Phillips (29), Prinses Anne se dogter, is pas verloof aan die Engelse rugbyspeler Mike Tindall (32). Só berig www.people.com

"Ek's so bly dat Zara ja gesê het. Ons is opgewonde om die res van ons lewens saam deur te bring," het Mike in 'n verklaring aan die media gesê.
"Ek was nogal geskok toe hy my gevra het om te trou, maar ek's baie gelukkig," het Phillips gesê.

Daar's nog nie 'n amptelike troudatum nie, maar wie weet, dalk staan sy nog voor neef William voor die kansel.

Zara se ouma, Koningin Elizabeth, is baie bly oor die nuus, het 'n woordvoerder gesê.

En die ring?
Dis 'n platinumring met 'n enkele solitêrsteen-diamant en nog pavé-diamante.