Shakira en haar sokkerspeler-kêrel, Gerard Piqué, is nóg ’n seun ryker.

Die Colombiaanse sangeres het die goeie nuus via sosiale media gedeel. Op 29 Januarie om 9:54 nm is Sasha Piqué Mebarak in Barcelona gebore.

Die naam Sasha is van Griekse en Russiese afkoms. Dit beten "verdediger van mensdom" en "vegter".

Dit gaan goed met sowel ma as seun, het die hospitaal bevestig.

Hier staan die gelukkige paartjie met hul eersteling, Milan.

Shakira en Gerard poog om met die geboorte van hul pienkvoet behoeftige babas wêreldwyd te help deur mense te motiveer om donasies aan UNICEF, die Verenigde Nasies se Kinderfonds, te maak.