'n Bende van vyf rowers het op Vrydag 28 September Barry Newland, die eienaar van dieselfde huis waarin aktrise Charlize Theron grootgeword het, gemartel en uiteindelik vermoor. Na bewering het die bende toegang tot die eiendom verkry deur voor te gee dat hulle ’n motor van Newland se vriendin wou koop.

Op 21 Junie 1991 het die 15-jarige Charlize Theron gesien hoe haar ma, Gerda, haar pa, Charles, uit selfverdediging in dieselfde huis doodskiet.

Charlize het in 2004 haar stilswye oor dié insident tydens 'n TV-onderhoud met ABC News verbreek. In dié onderhoud vertel sy hoe haar dronk pa gedreig het om haar en haar ma dood te skiet. Haar ma is vrygespreek omdat die hof bevind het dat sy uit selfverdediging opgetree het.

Sy vertel dat haar ma haar gehelp het om deur hierdie tragedie te werk. Vandag nog is dié twee onafskeidbaar en kuier steeds in Afrikaans.

* Lees die volle berig van Barry Newland se moord hier.