Ons kan nou ’n meer persoonlike blik op die troudag van die Amerikaanse akteur George Clooney en sy groot liefde, die Britse prokureur Amal Alamuddin, kry. Dié twee, wat in September trou aan mekaar beloof het, het nóg fotos uit hulle trou-album bekendgestel.

Kyk na die FOTO'S hier - dit het op InStyle verskyn

main.original.585x0-1 George en Amal se amptelike troufoto (Gallo Images/Getty Images)

Die bruid het ’n Oscar de la Renta trourok, met pêrels en Franse kant, gedra en die bruidegom ’n spoggerige Giorgio Armani-pak uitgekies.

Dié verliefde pasgetroudes is toe Seychelles toe vir hulle wittebrood, volgens Hello tydskrif.