Teen hierdie tyd het die Jenner-Kardashians géén bekendstelling nodig nie. Kourtney, Kim, Khloé, Kendall en Kylie. Van klere tot grimering - hul naam word aan byna elke mode-item gekoppel. Maar nou het die kollig eers na Kim se oudste dogter, North West, verskuif.

FOTO Instagram

Die vyfjarige North speel model - nes haar tannie Kendall. En dit lyk of die donkerkoppie die modewêreld op horings gaan neem. 

Die modehuis Fendi se bekende Peekaboo-handsak is vanjaar 10 jaar oud. Om dit te vier het hulle drie Kardashian-generasies vir 'n fotosessie genader: Ma Kris Jenner, dogter Kim Kardashian en kleindogter North West. Hulle is deel van die #MeandMyPeekaboo-veldtog. 

FOTO Instagram
FOTO Instagram
FOTO Instagram

Fendi beskryf Kris, Kim en North as sterk vroue met sterk persoonlikhede. "Hulle is ’n ikoniese familie en bekend vir hul voorkoms,” het Fendi aan Us Weekly gesê.

Kylie Jenner is ook ’n groot aanhanger van die handelsmerk. Met die geboorte van haar eersteling, Stormi, het sy ’n foto op Instagram gedeel waar sy ’n kort Fendi-rokkie dra. Klein Stormi se stootwaentjie is ook spesiaal deur Fendi ontwerp.