Die wag is verby! Die Serbiese Wimbledon-kampioen Novak Djokovic (26) en sy vrou, Jelena Ristic (27), is nou die trotse ouers van ’n baba-seun, Stefan. Novak het dié nuus op sy Facebook-blad aangekondig. Hy skryf:

Stefan, our baby angel was born! I am so proud of my beautiful wife Jelena! Thank you so much for your love and support. We love you all!!!

Die paartjie is in Julie 2014 getroud, slegs dae nadat Novak met die Wimbledon-titel vir die tweede keer weggestap het. Hulle is al 8 jaar ’n paartjie en het in 2013 hul verlowing aangekondig.

FOTO: Twitter  @DjokerNole  FOTO: Twitter @DjokerNole

Bron: Hello!