Riaan Garforth-Venter, SABC2 se Nutsman, maak sy huis omgewingsvriendelik. "Ek het op die DIY-manier vir my en Michelle (Garforth, sy vrou) 'n kruietuin gebou en 'n wurmplaas vir kompos gemaak, en ons gebruik omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels," vertel Riaan. Hy's ook besig om 'n boek, Die Groenlyn, te skryf. "Om groen te leef gebeur nie in 'n dag nie, maar elke bietjie help en ons doen dit oor 'n tydperk."