Die sangeres Sorina Erasmus het dié goeie nuus op haar Facebook-blad gedeel - haar eersteling is vanoggend gebore.  

Sorina en haar man, Braam, is baie tradisie-vas en toe hulle uitvind hulle verwag ’n seuntjie het hulle besluit dat hy die vierde geslag Braam Riekert wees.

Sorina het op haar Facebook-blad geskryf:

Alle eer aan U, almagtige GOD, wat nuwe lewe gee!! Aan ons eersteling seuntjie-lief Braam Riekert: WELKOM IN ONS WÊRELD. Vanoggend op hierdie geseënde dag van 14-04-14 het God dit só bewerk dat ons klein Braambossie gebore is. Dankie JESUS vir U genade

Baie geluk met jul eersteling!

Sorina het vroeër in haar swangerskap ’n traumatiese insident oorleef. Lees HIER wat sy sê haar van ’n vlammedood gered het.

FOTO'S van Sorina se swangerskap: