Nuusdag op eExtra is nie net 'n samevatting van die dag se belangrikste plaaslike en internasionale nuusgebeure nie, maar bring ook vir jou nuus uit jou streek wat saak maak.

Boonop kry jy die geleentheid om jou sê te sê in ons daaglikse meningspeilings waar JY deel word van die nuusagenda.

Nuusdag word aangebied deur bekende aanbieders soos Suzaan Steyn, Rozanne McKenzie en Elvis Presslin. Dié gedugte span is elke dag op hul pos om jou op hoogte te bring van die jongste nuus en jou mening te hoor.

Die bulletin is van Maandag tot Vrydag om 18:30 op eExtra (Openview-kanaal 105 en DStv-kanaal 195).

Dis jou nuus, jou streek, ons taal.

Lees meer op Nuusdag se Facebookblad