Die wêreld wag in spanning vir die volgende nuus: prins Harry en die Amerikaanse aktrise Meghan Markle is verloof. Intussen het Kensingtonpaleis bevestig dat die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, hul derde baba in April 2018 gaan verwelkom!
The Duke and Duchess of Cambridge are delighted to confirm they are expecting a baby in April 2018. pic.twitter.com/jOzB1TJMof
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) October 17, 2017
Die pragtige Kate was gister in 'n pragtige, nude-pienk rok gewaar. Sy en prins William was gister by die Paddingtonstasie in Londen vir 'n liefdadigheidsgeleentheid. Dis by die einste geleentheid waar sy met die gewilde karakter Paddington Bear gedans het.
Kyk net die video en foto's:
Trouklokke-gerugte
Wanneer gaan prins Harry die groot vraag vir Meghan vrae? Volgens gerugte gaan die paartjie glo voor Kersfees verloof raak. Daily Mail berig dat Meghan glo van die gewilde TV-reeks bedank het. Ons sal nie verbaas wees as die nuus waar is nie. Prins Harry verdien, nes sy ouboet, geluk.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET